Return to Newsletters

Sakenuus

Uit doktor Willie se kantoor


Inskrywings vir vanjaar se eerbewyse is nou oop

Die AHi is opgewonde om amptelik vandag ons aanlyn-inskrywingsvorm vir vanjaar se MyAHitoekennings aan die publiek bekend te stel.

Die ses eerbewyse wat by die gala-aand se prysuitdeling oorhandig gaan word, is onder meer die Sakekamer van die Jaar, Opkomende Sakekamer van die Jaar, Kleinsakebesigheid van die Jaar, Beginnerbesigheid van die Jaar, Kleinboer van die Jaar en Gasvryheidbesigheid van die Jaar.

Dagboek! Die wenners van die eerbewyse sal op Donderdag, 3 November 2021, gedurende ’n galageleentheid by Protea Marriot Hotel in George bekendgestel word. Dit sal gevolg word met ’n kongres
die volgende dag by dieselfde plek.

“Met die kongres gaan ons die beste kundiges kry om lig te werp op hoe die toekomstige sakekamers lyk, sowel as die transformasieproses,” sê dr. Willie Cilliers. “Ons sal ook die rol bespreek wat kleinbesighede in die ekonomie speel.” Die paneel kundiges sal nog bekendgemaak word.

Ons kan bevestig dat Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, by ons sal aansluit.

Kaartjies vir dié glansryke geleentheid sal nog beskikbaargestel word. Die geleentheid sal ook regstreeks op alle stromingsplatorms van MyAHi, soos Facebook en YouTube, uitgesaai word.

Met vanjaar se prysuitdeling wil ons besigheidseienaars en sakekamers eer - wat ten spyte van die koronaviruspandemie en gepaartgaande ekonomiese uitdagings - vindingryke maniere gevind het om
met hulle kliënte of lede te kommunikeer.

Inskrywings vir alle kategorieë sluit op Maandag, 10 Oktober 2022, om middernag.

Kyk gerus dr. Willie Cilliers se video-opname hieronder waar hy jou meer vertel.


Klik vir video

Skryf in vir die eerbewyse


Kleinsakebesighede, Beginner-besighede, Kleinboere en Gasvryheidbesighede

Gedurende die koronaviruspandemie het die AHi gesien hoe besigheidseienaars en kleinboere uit hul pad gaan om met innoverende idees die alledaagse uitdagings aan te pak.

Ons wil dus vanjaar uitstaande besigheidseienaars en kleinboere beloon wat ten spyte van al die uitdagings presteer het.

Die wenners sal voordeel trek uit talle media-blootstelling en pryse ontvang.

Het u wat dit vat om aangewys te word as die MyAHi Kleinsakebesigheid van die Jaar, MyAHi Beginner-besigheid van die Jaar, MyAHi Kleinboer van die Jaar of die MyAHi Gasvryheidbesigheid van die Jaar?

Vul gerus die vorm in: htps://forms.gle/QS5rZLixfYcYZdqr5

U kan ook ’n WhatsApp na Hein Boshoff, digitale vennoot by die AHi, by 0794625353 stuur indien U enige tegniese vrae het.


Sakekamers en Opkomende Sakekamers

Die AHi is opgewonde om vandag ons digitale inskrywingsvorm vir die MyAHi Sakekamer van die Jaarkompetsie te loods.

Ons is ook opgewonde om ’n nuwe kategorie by te voeg, genaamd Opkomende Sakekamer van die Jaar.

Alle sakekamers is welkom om in te skryf vir dié kompetisie.

Vul gerus die vorm in: htps://forms.gle/5AWLiTKC34ebg6xC8

U kan ook ’n WhatsApp na Hein Boshoff, digitale vennoot by die AHi, by 0794625353 stuur indien U enige tegniese vrae het.

So werk die inskrywingsproses:


Vandag, op Maandag, 19 September, is die amptelike opening van inskrywings vir vanjaar se eerbewyse.

Die inskrywings vir die eerbewyse sluit op Maandag, 10 Oktober, waarna die top drie finaliste in elke kategorie op Vrydag, 17 Oktober, bekendgemaak sal word.

Daarna sal intekenaars en die publiek die geleentheid kry om vir hulle gunsteling kleinsakebesigheid, beginner-besigheid, kleinboer, gasvryheidbesigheid, opkomende sakekamer of sakekamer, deur middel van ’n digitale meningspeiling, te stem.

Die meningspeiling (stembus) sluit op Maandag, 24 Oktober, om middernag. Daarna sal die wenners van elke kategorie met die prysuitdeling op Donderdag, 3 November, bekendgemaak word.

Maak seker jy volg die AHi op Facebook deur hier te klik vir meer inligting.

Kontak ons vir enige navrae:


Jy kan altyd op die AHi se knoppie druk! Dit is in die AHi se visie om hul intekenaars en hul besighede by te staan in moeilike tye en hoop te gee in 'n tyd waar die moontlike selfs onmoontlik mag voel.


Jy is ook welkom om enige sakenuus met ons te deel.

Daarom wil ons graag vandag ons intekenaars aanmoedig om gebruik te maak van ons WhatsAppnommer indien u enige besigheidsadvies of raad benodig gedurende die moeilike ekonomiese
tydperk.

Ons beloof om u met waardevolle inligting te verskaf of om u na die regte kanale te verwys.

Stuur ons 'n Facebook of WhatsApp-boodskap by 079 592 5945.


Hou ook gerus ons Facebookblad dop vir daaglikse besigheidsinligting wat jou en jou besigheid raak.

 

MyAHI - Empowering Entrepreneurs