7 dinge wat jy van die begroting moet weet

AHi News - Feature Posts

Tito Mboweni, minister van finansies, het die slagmes uit om staatsbesteding oor die volgende drie jaar met R300 miljard te sny, en die staat se salarisrekening is eerste op die blok, blyk dit uit die mediumtermynbegroting.

Hier is 7 dinge van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wat jy moet weet:

  1. Geen verhogings vir onderwysers, polisielede – vir drie jaar

Staatsamptenare – wat reeds nie vanjaar ’n salarisverhoging gekry het nie – gaan dalk ook vir die volgende drie jaar daarsonder moet klaarkom. Daarby praat die tesourie daarvan dat hul toelaes en voordele eenvormig gemaak gaan word (wat ook kan beteken dit gaan vir sekere mense nie styg nie) en dat bevordering van een posvlak na die volgende nie so vinnig gaan gebeur nie. 

Die staat se salarisrekening was in 2007 R154 miljard; teen vanjaar was dit R551 miljard.

  1. SAL kry weer R10,5 miljard

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakeredders het hul beloofde R10,5 miljard gekry om hul reddingsplan vir die staatsbeheerde lugdiens te kan uitvoer. Ander bestedingsprogramme en departemente moes R6,97 miljard inboet om deels die ekstra geld vir die SAL moontlik te maak.

  1. Spesiale Covid-19-toelae word weer verleng

Die tesourie het die geld wat nodig is begroot sodat die spesiale Covid-19-toelae van R350 tot Januarie 2021 verleng word.

  1. Jy gaan meer belasting betaal

Salaristrekkers en maatskappye sal nog tot Februarie 2021 moet wag om te hoor hoe die regering beoog om meer belasting uit hulle te tap. Volgende jaar wil die regering R5 miljard invorder uit nuwe belastings of aanpassings aan bestaande belastings – maar daar is nêrens enige skimp oor wat dit gaan behels nie.

  1. Kleuterskole val eersdaags onder departement van onderwys

Vroeëkindontwikkeling val tans onder die departement van maatskaplike ontwikkeling en nie onder die departement van onderwys nie. Die tesourie sê oor die volgende drie jaar gaan die departement van basiese onderwys dié verantwoordelik bykry.

  1. Die regering sny… so bietjie, maar eers volgende jaar

Die regering bestee vanjaar R36 miljard meer as wat hy in Februarie begroot het, wat hy toeskryf aan besteding wat deur die Covid-19-krisis genoodsaak is. Dit is slegte nuus vir die begrotingstekort as ’n mens in ag neem dat belastinginkomste R312,8 miljard minder gaan wees as wat in Februarie voor begroot is.

  1. ’n Oorskot op die begroting

Die regering bestee vanjaar R36 miljard meer as wat hy in Februarie begroot het, wat hy toeskryf aan besteding wat deur die Covid-19-krisis genoodsaak is. Dit is slegte nuus vir die begrotingstekort as ’n mens in ag neem dat belastinginkomste R312,8 miljard minder gaan wees as wat in Februarie voor begroot is.