Rooibos Beperk is die voorkeurverskaffer van Rooibos regoor die wêreld. Die maatskappy is trots daarop om op hoogte te bly van al die nuwe verbruikerstendense en, met dit in ag genome, is hul trots om hul splinternuwe aanlynwinkel te loods, waar ‘n groot verskeidenheid Rooibos-produkte te koop is.
Volgens ‘n 2019 verslag van Statista, sal aanlynverkope teen 2021 met ongeveer 4.5 triljoen transaksies toeneem. Dit dui op ‘n duidelike wêreldwye verskuiwing van tradisionele benaderings tot verkope, na ‘n nuwe neiging wat meer inlyn is met die digitale era. Rooibos Beperk se doel is om toeganklik te bly vir hulle kliënte, te midde van die oorgang na ‘n meer digitaal-gesentreerde omgewing. Met hul nuwe platform vir e-handel, wil hulle steeds die eerste keuse bly vir verbruikers wat Rooibos- en Rooibos-verwante produkte wil aankoop.
“Ons doel was om ‘n platform te skep waar mense nie net meer kan leer oor die voordele van Rooibos nie, maar ook die produkte kan bestel. Met die vraag na e-handel wat drasties toeneem, het ons verseker die mark gesien daarvoor,” sê Gerda De Wet, Kommunikasiebestuurder van Rooibos Beperk.
Hul nuwe aanlynwinkel, Shop Rooibos, is ontwerp om so verbruikersvriendelik as moontlik te wees. In die bogenoemde verslag van Statista, is daar bevind dat 82% van verbruikers hul aanlynaankope vanaf ‘n mobiele toestel doen. Dus is Rooibos Beperk se nuwe aanlynwinkel ontwikkel met die oog op mobiele vriendelikheid. Die winkel kan vanaf enige toestel besoek word, of dit nou ‘n skootrekenaar, tablet of slimfoon is. Die reaktiewe ontwerp van die webwerf sal die bladsy outomaties aanpas vir optimale besigtiging, ongeag die grootte van die skerm waarop dit gewys word.
Verder, wou Rooibos Beperk hul gebruikers totaal beheer gee oor hoe hulle hul bestelde produkte wil ontvang. Verbruikers kan House of Rooibos besoek om hul bestelling te ontvang indien hulle in die Clanwilliam-omgewing is, of hulle kan koerier-aflewering kies tydens die uittekenproses. As hierdie opsie gekies word, sal hul produkte binne 5-7 werksdae afgelewer word by hul gekose Suid-Afrikaanse adres. Diegene wat kies om hul pakkies by House of Rooibos te gaan afhaal, is in vir ‘n lekker bederf. Die teehuis bied ‘n verskeidenheid van 13 verskillende Rooibos- en heuningbostees, verskeie Rooibos-cappuccino’s, ystees, melkskommels en roomys met Rooibos as bestanddeel.
Op die oomblik verskeep Shop Rooibos nie internasionaal nie. Dit is egter wel reeds in die pyplyn om binnekort produkte internasionaal uit te voer. Wanneer dit realiseer, beoog Shop Rooibos om die leier te wees van Rooibos-e-handelsverkope in die wêreld.
Shop Rooibos verkoop ‘n verskeidenheid Rooibostee. Hulle verkoop ook ander unieke produkte wat met Rooibos vervaardig word. Dit sluit in velsorgreekse, bakgoed soos muffinmengsels en resepteboeke met allerhande resepte wat Rooibos as ‘n bestanddeel bevat.
Om Shop Rooibos te besoek, gaan na https://shoprooibos.com/. Vir meer nuus en opdaterings rakende Rooibos Beperk en die Rooibos-industrie, kan kliënte Rooibos Beperk se Facebook-blad besoek.
Stuur jou besigheidsnuus vir ons: ahi@digency.co.za