Ons leer dié week vir Albert Geldenhuys beter ken. Hy is al sedert 2007 deel van Kaapstad Sakekamer en is vroeg in 2019 as ’n AHi-direkteur aangestel.
Is daar enige entrepreneur wat jy gehelp het om hul eie besigheid te begin wat vir jou uitstaan? Indien so, vertel ons meer.
As deel van ’n groot korporatiewe organisasie het ek gereeld die geleentheid gehad om nuwe spesialisdienste tot die besigheid te voeg, onder andere ’n Vervoerbeplannings, Elektriese Ingenieurswese en Programbestuursafdelings sowel as spesialiste in Mediese Nooddienste en Groen Geboue. Elkeen was ’n mini besigheid, maar dit kon gedoen word van veilige en stewige platforms wat reeds bestaan het en vir ‘n tydperk die nuwe spanne kon dra. Die belangrike uitdaging was om die bestaande spanne die groter prentjie te laat sien en hulle te oortuig dat die korttermyn druk op kontantvloei en winsmarges van die groter eenheid op die lang termyn voordelig is vir almal agv die diversifikasie wat stabiliteit bring in ‘n hoogs sikliese ingenieursbedryf.
Na my aftrede was ek die mede-stigter van Marche Media wat vining ‘n toonaangewende speler in die Film en Televisiebedyf geword het. Dit is steeds ‘n baie interessante leerkurwe vir my as voorsitter.
Wat is jou advies vir iemand wat sy huidige werk wil bedank om sy eie besigheid te begin?
Maak 120% seker dat jou idee goed deurdink is en dat jy ‘n behoorlike Besigheidsplan in plek het wat verskeie scenarios dek. Moenie ooroptimisties wees nie en maak seker dat jou konserwatiewe scenario winsgewind kan wees binne twee jaar. As jy dink jy werk nou hard, aanvaar jy gaan waarskynlik nog 50% harder sal moet werk. Indien enigsinds moontlik en eties haalbaar is, moet jy liefs deeltyds daarmee begin tot op die punt wat die meeste risikos aangespreek is. Maak seker dis jou passie en gaan nie net oor geld nie.
Jy het ongeveer 36 jaar se ondervinding by Aurecon, waar jy as Besturende Direkteur van Aurecon Suid-Afrika aangewys is. Watse raad het jy vir iemand wat sy besigheid na nuwe hoogtes wil neem?
Versamel die beste moontlike span om jou, elkeen ‘n spesialis op sy gebied. Almal moet die potensiaal hê om beter as jyself te kan wees. Moenie bang wees vir divergerende opinies wat jou uitdaag nie. Sorg dat elke spanlid sy sterkpunte ken en fokus daarop. Sorg dat ander spanlede die gapings vir mekaar vul. (Mens werk sewe maal harder om swakpunte te verbeter as om sterkpunte sterker te maak.) Werk spesifiek daaraan om jou topbestuur as ‘n span te laat saamwerk. Dwarstrekkers wat nie vir die span speel nie vermors ontsettend baie energie en voeg min waarde toe. Raak ontslae van hulle. As een lid van die span vervang word, moet die nuwe span van nuutsaf as ‘n eenheid gebou word.
Fokus op die geleenthede wat digitale ontwrigting en groot data bied. Bly by en moenie bang wees verandering nie.
Wat is die grootste uitdaging wat entrepreneurs vandag in die gesig staar en hoe dink jy kan dié uitdaging in ‘n geleentheid omskep word?
Digitale ontwrigting verander die speelveld oornag. Wees ‘n leier eerder as om uitgevang te word.
Voldoening aan RSA se baie en baie gekompliseerde wetgewing is baie vining ‘n groot uitdaging vir ‘n vinniggroeiende besigheid. Wees voorbereid daarop en onthou jou opposisie het dieselfde uitdagings.
Waaraan skryf jy jou sukses toe?
Harde werk. Fokus op prestasie en op gehalte werk, maar wat ook bekostigbaar uitgevoer kan word. Fokus op billike winsgewendheid. Fokus op volhoubaarheid.
Baie genade ontvang op vele manier en verskeie tye gedurende my loopbaan.
Geniet wat jy doen en met wie jy dit doen. (Speel hard).
Wees fiks met ‘n doelwit en oefen hard – dit hou jou kop skoon.
Sorg dat jy ander belangstellings en stokperdjies het. Leer ontspan
Lees baie.
Bou hard aan die wyds moontlike netwerk.
Bly dankbaar vir die vele gawes en geleenthede ontvang.
Wees vrygewig met jou tyd en gawes. (Give forward). Gee terug aan jou industrie (via institute en besigheidsorganisasies)
Is daar enige gemeenskapsprojekte waarby jy betrokke is?
Gedurende loopbaan:
Verskeie beursfondse help stig, soos Masakh’ iSizwe (beteken Let’s build the Nation) en twee Aurecon Beursskemas by US en UCT vir nagraadse studie in Siviele Ingenieurswese vir swart studente in ‘n tyd toe bitter min swart sudente nagraads studeer het.
Sake organisasies
Consulting Engineers SA (CESA) Direksie
Skool en Kerk
Tans:
Voorsitter/bestuurder van twee privaat Welsynsfondse
Mede stigter van:
Societas for ECD wat fokus op VKO
Cape Town Music Academy wat kontemporêre musiek bevorder
Nuuseum wat fokus op die bewaring van nuus en argiefmateriaal.
Praktiese betrokkenheid by verskeie organisasies wat fokus op VKO (meer spesifief EDD) en die jeug.