Clanwilliam Sakekamer – 36 jaar van welvaart skep vir almal!

AHi News - Tourism

Op Donderdag 26 Julie 1984 om 20h00 vind die stigtingsvergadering van die Clanwilliam Afrikaanse Sakekamer in die Criterion gebou plaas. Daar is 23 sakelede teenwoordig en die volgende persone is as bestuur verkies:
Mnr Deon Burger – Voorsitter
Addisionele lede:  Me Christa van Zyl, Mnre HF du Plessis, FG Calitz, PAL Spangenberg, WGA Strassberger en J Vermeulen (van die gekose bestuurslede is me Christa van Zyl en mnre Hennie du Plessis, Willy Strassberger en Johan Vermeulen steeds lede van die Sakekamer.)
Die verkose bestuur kry opdrag om ‘n grondwet saam te stel en die volgende sake te ondersoek:

· die moontlikheid van ’n tandarts op Clanwilliam
· beter kommunikasie met die Munisipaliteit
· die aanbied van ’n visvangkompetisie (‘Bass Classic’)
· die aanbied van ’n driekamp
· die stigting van ’n museum en inligtingskantoor
· die reël van ’n “koop plaaslik” veldtog

Die Sakekamer se leuse, “Saam skep ons welvaart vir almal”, spreek definitief daarvan dat gepoog word om almal by die werksaamhede van die Sakekamer te betrek en ekonomies te bemagtig, en om jong entrepreneurs te probeer vestig.
Mnr Deon Burger dien as Voorsitter tot 19 Maart 1990 en word opgevolg deur mnr Hentie Smit.  In 1994/5 neem mnr Jannie Swart by Hentie oor en in 1996 word me Ilse Lochner tot voorsitter verkies.
Die afgelope 23 jaar was daar baie hoogte- en laagtepunte in die lewe van die Sakekamer. Bostaande opdragte aan die bestuur van 1984 is grootliks uitgevoer en ander is toegevoeg.  Die Sakekamer het tans 65 plus lede en groei jaarliks.

Interessante datums:
1956:  Ontstaan van die jaarlikse Blommefees op Clanwilliam wat tot vandag ’n hoogtepunt op die kalender van Clanwilliam is.
1987:  Eerste driekamp word aangebied en het twee jaar gelede ten einde geloop.
1987:  Die destydse tronkgebou word omskep in ’n museum en die eerste museumkomitee word aangestel.
1988:  Eerste netbaltoernooi word aangebied en word nou nog jaarliks gehou!  Voorwaar ’n prestasie.
1989:  Die sakekamer ondersoek die vestiging van ’n inligtingsentrum, wat tot vandag ’n trotse instelling van Clanwilliam Toerisme is.
1990:  Gesprekke en inligtingssessies oor die verhoging van die Clanwilliam Damwal!!  Is dit moontlik dat in 2020 (30 jaar later) dit nog nie ’n werklikheid geword het nie!!
1994:  Clanwilliam kry hul eie voertuigtoetsstasie.
1996:  Eerste Leipoldtfees word aangebied (later Cederbergfees), maar moet ongelukkig weens gebrek aan fondse in 2015 die handdoek ingooi.
2014:  Clanwilliam 200-jarige feesvieringe.
2019:  Eerste Rooibos2Muisbos fietswedren tussen Clanwilliam, Graafwater  en Lambertsbaai.

Clanwilliam Sakekamer poog om op die prestasies van die afgelope 23 jaar te bou en daarop te verbeter met talle kleiner projekte.  Indien u nog nie lid van die Sakekamer is nie, sluit aan en help om Clanwilliam se sakegemeenskap uit te bou.

Vir meer inligting kontak Ilse Lochner by:  strassberger@lando.co.za of sel:  083 328 4575

Die doelstellings van die Clanwilliam Sakekamer 
Lees meer oor hierdie doelstellings op die webblad