Covid-app kan jou lewe red

AHi News

Die app COVID ALERT SA gee jou die vermoë om die verspreiding van COVID-19 in Suid-Afrika te vertraag en om uself, u geliefdes en almal anders veilig te hou.

Met meer as 500 000 installasies deur Google Play, is die app ook vir Apple-gebruikers beskikbaar. Die doel van die app is om jou in kennis te stel indien jy met iemand in kontak gekom het wat positief vir Covid-19 getoets het.

Volgens menigde op Google Play het dit “hulle lewens gered” nadat hulle in self-isolasie gegaan het na hul ’n boodskap ontvang het dat hul met ’n persoon in aanraking gekom het wat met die koronavirus geïnfekteer is.

Die gebruikers op die app is anoniem en dit vra nie eers jou persoonlike inligting as jy dit aflaai of inteken nie. Dit is ook gratis beskikbaar vir almal in Suid-Afrika.

Hier is 5 feite oor die regering se Covid-19-app:

• Die app benodig nie toegang tot jou lys kontakte op jou foon of op Facebook nie.
• Die app benodig nie toegang tot jou foon se ligging nie. Dit gebruik wel jou Bluetooth.
• Die app vra nie vir jou kredietkaartbesonderhede nie.
• Die regering kan nie die app gebruik om jou bewegings dop te hou nie.
• Die onderliggende tegnologie in die Apple- en Android-bedryfstel kan te enige tyd afgeskakel word.

Jy kan die app aflaai van Google Play of Apple App-winkel.