David Kairuz, AHi Beginner-entrepreneur van die Jaar, deel sake-beginsels

AHi News - Feature Posts

David Kairuz is onlangs as AHi se Beginner-entrepreneur van die Jaar aangewys met sy onderneming Dave’s Kitchen op Stilbaai. Dit is ’n reuse prestasie aangesien dié restaurant se deure maar eers in Junie verlede jaar geopen het. 

As eienaar en hoofsjef is David  verantwoordelik vir alle aspekte van bestuur van die restaurant, wat voorraadbestuur, kostebeheer en personeelverwante sake betref. Sy vrou, Mariella, staan hom daagliks voor in die restaurant by om gaste te verwelkom en te verseker alles verloop vlot. 

’n Besoek aan Dave’s Kitchen is ’n intieme ervaring en gaste kan ook by hom in sy kombuis aansluit terwyl hy die kos voorberei. 

David het raad, wat hy ook in sy eie lewe en besigheid toepas, gedeel. Hy vertel dat as jy ’n idee het en daarmee begin – dat jy moet aanhou en dit klaarmaak – al neem dit hoe lank. 

“Behandel jou personeel soos jy behandel wil word, want die mense wat vir jou werk is die ruggraat van jou onderneming,” sê hy. 

David het ook gesê dat mens nie moet bang wees om iets nuuts te probeer nie – wat ’n mens is altyd in staat tot meer as wat mens dink.

“Wees vasbeslote en hou vas aan jou beginsels,” vertel hy verder. “Moenie ingee of terugsak na iemand anders se vlak nie.”

Laastens voel hy dat marknavorsing baie belangrik is. 

“Dít is beslis jou sleutel tot groot sukes,” het hy gedeel.