Die AHi geniet ook steun van die Wes-Kaapse Regering

AHi News - Feature Posts

Die AHi in die Wes-Kaap se belangrikste vennootskap die afgelope tien jaar was verseker die een met die Wes-Kaapse Provinsiale Regering. Die voormalige Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, asook die huidige Premier Allen Winde het deurgaans hulle beskikbaar gestel om met die AHi Wes-Kaap en sy Sakekamers te gesels oor struikelblokke wat verhinder dat besighede kan besigheid doen asook wetgewing op alle vlakke van Regering wat groei belemmer. Die “RED TAPE” departement was veral baie effektief met die aanhoor en oplos van verwante besigheidsklagtes.

Hierdie verhouding is weereens versterk toe die AHi met die nuwe Minister van Finansies asook Ekonomiese Geleenthede – David Maynier in George kon gesels. Die AHi se doelstellings asook suksesse die afgelope jare is aan Minister Maynier oorgedra met spesifieke verwysings na die bemagtiging van Entrepreneurs deur middel van opleiding en mentorskappe die afgelope jare. Daar is veral verwys na die bemagtiging van jongmense asook vroue binne ʼn inklusiewe plaaslike ekonomie.

Minister Maynier, wat die departemente van finansies asook ekonomiese geleenthede behartig, het ons verwittig van die uiterste moeilike ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika en hoe dit ook die Wes-Kaapse Regering se begroting gaan raak. Hy het hom verbind tot ekonomiese groei in die Wes-Kaap en beskou die venootskap met die AHi as baie belangrik vir volhoubare groei en skepping van werksgeleenthede. Daar sal gereelde vergaderings met die Minister in 2020 plaasvind asook gesamentlike projekte aangepak word.

 Die AHi bedank Minister David Maynier vir die oop gesprek en verseker hom van ons uitkomsgedrewe samewerking vir inklusiewe ekonomiese groei in die Wes-Kaap. Die AHi is die spreekbuis van besigheid na Plaaslike en Provinsiale Regering en sal sy mandaat uitvoer.

Op die foto is Minister David Maynier, Richard Shumi (AHi) en Dr. Willie Cilliers (Uitvoerende Hoof van die AHi).

BEWEEG SAAM DIE TOEKOMS IN. 

AHi Groete

Dr Willie Cilliers