Kaapstad lok beleggings van R7,7 mjd.

AHi News - Tourism

Beleggings van R7,7 miljard in Kaapstad ná die Suid-Afrikaanse beleggingsberaad vandeesmaand word verwelkom, met maatskappye soos Google wat groot bedrae geld in die stad gaan inploeg.

James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, het Sondag gesê beleggings van R2,2 miljard van Google, R2 miljard van Amdec, R500 miljoen van Capita en R3 miljard van Teraco is na die Moederstad gelok.

“Daar is geen beter getuigskrif vir ons beleggings-ekostelsel nie. Groot internasionale maatskappye weet dat hulle toegang het tot wêreldklas-infrastruktuur, gesonde regering, geskoolde arbeid en die politieke wil om aansienlike beleggings te lok wat tot werkskepping sal lei.”

Jy kan meer hier lees.