#LeerKenOnsIntekenaars: Emil Strassberger – Nancy’s Tea Room

AHi News

Met al jou jare se ondervinding in die restaurant bedryf wat is jou gunsteling dis?
Oondgebraaide Lamsboud met die aartappels en groente saam met die boud in die vleissous gaargemaak.

Wat is jou gunsteling kleur?
Wye verkseidenheid van kleure maar die “Barokstyl” kleure staan uit. Diep rooi, Pers en Goud

Watter toer/reis ervaring was vir jou die mees ongelooflike?
Ek was mal oor die Amalfi-kus in Italië – al die huisies met die helder kleure – maar Oostenryk in die laat winter, veral Lucern, is my gunsteling plek.

Het jy ‘n lewensles/motto waarvolgens jy leef?
Ons is streng maar netjies groot gemaak en jy het van kindsdag af geleer wat dit is om te werk vir wat jy wil hê.

Saam met wie sou jy die graagste ‘n glas sjampanje wou drink?
Defnitief saam met Jan Hendrik van der Westhuizen, van die restaurant “JAN” in Nice, Frankryk. Ek het die grootste bewondering vir hom oor sy Godgegewe talent en die uitvoering daarvan. Ek wil net daar in die kombuis sit en kyk wat en hoe hy sy voorbereiding doen en dan die eindproduk sien en dan ’n lekker glasie Franse Sjampanje met hom klink.