Minister kondig hulppakette aan vir bestaansboere

AHi News

In ’n poging om bestaansboere te help, het Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Maandag ’n plan aangekondig waarmee van dié boere tussen R1 000 en R9 000 van haar departement sal ontvang.

Die stelsel maak plek vir 150 000 aansoeke, maar net 75 000 sal kwalifiseer.

Die hulp sal in die vorm van koopbewyse wees.

Didiza het die aankondiging oor die hulppakkette op ’n mediakonferensie in Pretoria gedoen.

Die plan is deel van die presidensiële werkskepping-stimulusprogram van R1 miljard wat vroeër deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is om meer as 75 000 bestaansboere te help om te herstel ná die Covid-19-pandemie.

Lees meer hier.