Die AHi is ’n spreekbuis vir sy intekenaars, wat van kleinsakeondernemings tot sekere korporasies strek. Ons praat namens intekenaars oor kwessies met belanghebbende partye, onder meer die regering. Die AHi bied ook verskeie netwerkgeleenthede wat ondernemings kan help groei.
Daar is menigde voordele vir kleinsake-eienaars wat wil deel word van die grootste entrepreneursnetwerk in die Wes-Kaap.
Die voordele sluit in:
– Toegang tot die AHi se besigheidsportaal waarop meer as 5 000 besighede en sakekamers geregistreer is.
– 24/7 ondersteuning vir besigheidseienaars wat sake-advies wil bekom.
– Tweemaandelikse AHI-nuusbriewe wat fokus op alles wat jy moet weet in die sakewêreld.
– Eksklusiewe toegang to aanlynseminaars met sakeleiers.
– Bystand vir intekenaars wat wil gebruik maak van besigheidsgeleenthede.
– Advies vir entrepreneurs wat hul eie besigheid wil begin.
– Toegang tot digitale opleidingskursusse vir entrepreneurs en sake-eienaars.
– Opdaterings tot die nuutste en akkurate besigheidsnuus deur sosiale netwerke.
– Adverteringsgeleenthede vir besigheidseienaars wat hul dienste aanlyn wil bekend stel.
– Toegang tot ’n reeks AHi en geaffilieerde netwerkingsgeleenthede regoor Suid-Afrika.
– Die geleentheid vir entrepreneurs om hul plaaslike sakekamers te beinvloed.
– Toegang tot daaglikse COVID-19-advies en inligting.
– ‘n Gratis eerste konsultasie vir sake-eienaars.
Om aanlyn aan te teken as ’n entrepreneur, besigheidseienaar, korporatiewe diensverskaffer of kleinsake-onderneming, kontak ons!