Só gaan dit met Black Horse Trails

AHi News

In die debuutepisode van In Gesprek met Willie Cilliers, gaan kuier die AHi by Black Horse Trails op ‘n plaas buite Wilderness.

As deel van die AHi se Omgee-projek, het ons die afgelope 4 maande dié toerismeonderneming gehelp deur ‘n groot hoeveelheid perdevoer maandeliks aan die diere te verskaf. Meeste van die perde op die plaas is reddingsperde uit informele nedersettings in die area. In die video hier onder gesels Dr. Willie Cilliers, Uitvoerende direkteur van die AHi, met Kurt Pullen, eienaar van die besigheid.

Kyk die video om meer uit te vind oor hoe jy kan betrokke raak by die Omgee-projek, watter perderit-pakkette beskikbaar is, sowel as ‘n boodskap van dank aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het aan die besigheid deur die moeilike tyd.

Kyk die volle video hier onder: