Stilbaai, Hessequa munisipaliteit bedank sake-eienaars

AHi News - Feature Posts

Die Covid-19-pandemie en paartgaande inperking het sy uitdagings, sowel as geleenthede ingehou vir die gemeenskap, en veral besigheidseienaars, van Stilbaai.

“Baie keer raak dinge te veel en mense voel hul wil handdoek ingooi,” vertel Rachel Wall, voorsitter van die Stilbaai Sakekamer, by die vorige week se netwerksgeleentheid in Stilbaai. Maar, die gemeenskap van Stilbaai het nie handdoek ingegooi nie.

“Ek was verstom om te sien hoe vinnig sake-eienaars in die digitale ruimte inbeweeg te midde die pandemie. Sake-eienaars het opgekom met die kreatiefste maniere om steeds kliënte te bedien en kommunikasie verskerp met kliënte.”

“Stilbaai word absoluut gedryf deur die klein sakeondernemings,” vertel Wall. “Ons het ’n paar groot ondernemings wat kleinsake-ondernemings ondersteun het in die moeilike tyd deur uit te reik na mekaar en te hoor waar hulle kan help. Hulle het rakspasie aangebied en voorraad oorgeneem,” vertel Wall.

Daar is ook sommige ondernemers wat geen uitverhuringskostes gevra het vir die tyd wat ’n besigheid gesluit moes wees. Wall vertel ook dat dit by talle ander besighede regoor die provinsie die geval was.

Die uitvoerende burgermeester van Hessequa munisipaliteit en verkose DA-burgermeester, Grant Riddles, het ook by die netwerksgeleentheid genoem dat hy meeste sake-eienaars aangemoedig het om hul werknemers tydens die hoë vlakke van inperking te betaal. Tot sy verbasing het meeste werknemers dit wel gedoen.
“Ons as munisipaliteit probeer altyd die beste klimaat skep waar besighede kan floreer, en party dae is dit nie so maklik nie, maar meeste van die tye kry ons dit reg,” vertel Riddles.

Huidiglik voor Covid-19 getref het was die werkloosheid oor die hele Hessequa-streek 7%. Dit was die laagste in die land gewees.

“Dit is sake-eienaars wat dit regkry. Die munisipaliteit kan nie alleen werk skep nie. Dit is die besighede skep werk,” vertel Riddles.

Riddles sluit af deur te noem dat dit die burgermeester se mandaat is om werkloosheid uit te sny en meer werk te skep.