Stilbaai Sakekamer samel R20 000 in vir gemeenskapsorgsentrum

AHi News - Tourism

Baie dankie aan almal wat die jaarliks vis-ete op 31 Januarie 2020 in die Gemeenskapsaal bygewoon het. Die eerste vis-ete was deur die Sakekamer onder voorsitterskap van Jan Veldsman  ten bate van Jagersbosch  gehou in November 2012.

Die gemeenskap van Stilbaai het ruimskoots bygedra vir die 8ste jaarlikse fondsinsamelings ete en kaartjies was binne ‘n paar dae uitverkoop.

Al die borge wat so ruimskoots bygedra het, word bedank en ons wil nie graag iemand uitsonder nie, want elke geskenkbewys, elke produk en elke R10 het dit vir ons moontlik gemaak om ‘n wonderlike aand met werklike smaaklike kos te beleef en nog steeds ‘n rekordbedrag naamlik R20 000 aan Jagersbosch te kan skenk.

‘n GROOT dankie gaan ook aan Louise Christie van Pam Golding vir haar betrokkenheid –  haar passie vir die jaarlikse projek is iets ongelooflik en ‘n aansporing vir almal wat saam aan die projek werk.

As gevolg van die sukses is daar besluit om die volgende ete weer aan die begin van die nuwe jaar te hou en is die Gemeenskapsaal reeds vir 5 Februarie 2021 bespreek.