Studie: 42,7% van kleinsake oorleef nie inperking
AHi News - Entrepreneurship - Feature PostsBykans 43% van kleinsakeondernemings het nie die staat van inperking, weens die Covid-19-pandemie, oorleef nie.
Maar die meeste van hulle was ondernemings wat ook nie voor die aanvang van die pandemie winsgewend was nie, is in ’n peiling bevind.
Dit was veral kleinsake in die konstruksiebedryf (waarvan 14,2% hul deure permanent gesluit het), restaurante (9,9%) en in die gasvryheidsbedryf (9,7%) wat gesukkel het om hul deure oop te hou.
Die syfers kom uit Finfind se peiling wat onder 1 489 kleinsakeondernemings gedoen is oor hoe hulle voor en gedurende die staat van inperking gevaar het.
Finfind het die peiling in samewerking met die departement van kleinsake-ontwikkeling, die opleidingsowerheid vir die dienstesektor, Business Leadership SA, die Bankvereniging van Suid-Afrika en ander belanghebbendes gedoen. Die peiling is oor ’n tydperk van vyf maande gedoen.
Die sektore waarin die meeste klein ondernemings regdeur die staat van inperking in bedryf kon bly, is klein- en groothandel (10,5% kon heeltyd oopbly), inligtingstegnologie (10,4%) en sake-advies (9,9%).
Kyk gerus na ’n paar van die statistieke hier onder. Jy kan meer hier lees.