Ek lees onlangs die artikel in Finansies en Tegniek van 14 Februarie 1992 met die opskrif: AHi se vyftig jaar. Dié artikel verwys na die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) se stigting op 10 Februarie 1942 onder die Afrikaner sakegemeenstap omrede daar ʼn behoefte ontstaan het om jong en onervare sakemanne by te staan met opleiding, voorligting asook onderlike ondersteuning in hul beginner en kleinbesighede.
Verder verwys die artikel dat die Afrikaner baie het om te verloor, maar ook baie het om aan te bied. Hy kan nog veg om te behou wat hy het, of hy kan ook die wat minder het help om meer te kry sonder om homself te beroof. Die skrywer sluit af deur dat dit die AHi se grootste uitdaging van die toekoms kan word.
As ons vandag in 2019 terugkyk na die afgelope 77 jaar van die AHi en spesifiek in die Wes-Kaap kan ek oortuigend bevestig dat die doelstellings van 1942 steeds die doelstellings van 2019 is met die groot verskil dat die dienste beskikbaar gestel word aan alle gemeenskappe van die Wes-Kaap binne ʼn groter inklusiewe ekonomie. Taal, geslag en ras is nie die bepalende faktor vir deelname aan die AHi Wes-Kaap nie.
Tydens die AHi Wes-Kaap se Algemene Jaarvergadering in November 2017 is daar eenparig besluit om die organisasie te ontvorm in ʼn formele maatskappy sonder winsbejag met verdere opdragte om ʼn toekomsgerigte sakemodel van internasionale standaarde saam te stel om doelgerigte dienste aan sy sakelede te bied deur die netwerk van bestaande sakekamers en nuwe toekomstige sakekamers. Op 1 Maart 2018 is AHi Wes-Kaap NPC gestig en die sakemodel ge-implimenteer om Selfstandige Entrepreneurs te verenig, te adviseer en in te lig oor sakeverwante aktiwiteite binne ʼn plaaslike, provinsiale en nasionale ekonomie. Verder sal die AHi ook die spreekbuis wees tussen besigheid en Plaaslike, Provinsiale en Nasionale Regerings met die doel om beleid te onderhandel om die sakeomgewing vir besighede te vergemaklik.
Met die AHi se afgelope kongres in Velddrif is daar ook besluit om doelgerigte samewerking tussen Landbou en Toerisme te ondersoek, gemeenskaplike areas te bepaal om die ekonomonie verder te versterk. Sterk klem gaan ook geplaas word om die informele besighede in die Wes-Kaap by te staan met basiese behoeftes. Uit navorsing vanaf Universiteit Vrystaat in die informele sektor wys dit dat daar tans sterk groei in nuwe besighede met werkskepping in die sektor plaasvind. Daar sal eersdaags ʼn werkswinkel plaasvind waar die sakemodel tesame met Universiteit Vrystaat ontwerp sal word vir implimentering deur die AHi.
Hierdie eerste weeklikse nuusbrief is ook ʼn aanduiding dat die AHi ernstig is oor sy mandaat om besighede te verening, te adviseer en in te lig om hierdeur ekonomiese groei te bewerkstellig en uiteindelik werk te skep in ons pragtige land. SAAM SKEP ONS VOLHOUBARE WELVAART.
AHi Groete
Dr Willie Cilliers