Die toerismesektor van George, in die Wes-Kaap, ervaar eindelik weer ’n opwaartse kurwe met die verslapping van inperkingsregulasies.
Dr. Willie Cilliers, uitvoerende direkteur van die AHi, het in ’n regstreekse beeldstroom op SABC Nuus gesels oor die impak van vlak 1 op klein besighede in die omgewing.
“Statistieke toon dat byna 42% van klein besighede het nie die eerste 100 dae van die nasionale staat van inperking oorleef nie” vertel dr. Willie Cilliers.
“Toe vlak 3 van inperking inskop was bykans 40% van besighede in George gesluit. Die impak hiervan is die groot werksverliese in die bedryf”.
Kyk die volle gesprek hier onder: